Category: Uncategorized

  • Nabetragting

    Ek dink die eertse vraag wat by mens opduik is, “was dit die moeite werd.” Onomwonde, JA! Van die eerste dag, die koue rit na Vioolsdrif, die hartlike ontvangs van Cathy. Daarna, tot by die Canyon, die Visrivier Canyon. Die rit na koue Aus en die ete by die hotel en die skaam dame wat…

  • 11 Julie Durbanville

    Ons roer vroeg die pad is lank en ons is n haastig, soos dit maar gaan met sulke toere. As jy eers weet jy is naby die huis dan raak jy haastig. Kwart oor sewe, zero grade, bitter koud verlaat ons Kimberly. Ons stop by net anderkant Drie Susters vir n vinnige happie by Travalia…

  • 10 Julie Kimberly

    Dit is n taai 850 km plus wat voorle. Die grensoorgang is moeiteloos, maar ai! Ons stop in Vryburg. Wat n teleurstelling. Engen se toilette is so vuil dit is onuithoudbaar. Skielik is daar 4, 5 mense om die Fortuner wat bedel vir brood en geld. Die vinnige blikke binne die motor ontgaan jou nie…

  • 9 Julie (Rugby dag!) Serowe

    Ons vertrek na n heerlike ontbyt en kan werklik Drifters aanbeveel as n lekker oornag kamp. Ons het die vorige aand besluit om die oorblywende 1 900 km in drie te deel. Dus so 600 km per dag, maar ons het ook besluit ons stop nie voordat ons n plek kry om rugby te kyk…

  • 8 Julie Drifters Lodge

    Nie n lang roete die dag nie, maar die pad is maar sanderig. Beslis nie die gehalte van Namibie se grondpaaie nie. Ons is heel beindruk met Met Drifters en besluit kamp opslaan is uit tot ons tuis is. Ons kry n gerieflike tent met eie ablusie. Rn Mornay se grondslaap is verby!! So lekker…

  • 6 Julie Die Delta (Moremi)

    Ons is vroeg op en sien opgewonde uit om die Delta, Vierde Brug en Derde Brug te besoek….min wetende… Korrek! Ablusiegeriewe is n dag te perd vanaf die kampplek. By die ingang na die Delta, Khwai hek, bevestig die personeel dat ons die R750 kan betaal wanneer ons terugkeer. Ons het 3 GPS toestelle, eintlik…

  • 5 Julie Moremi

    Die rit die vorige dag het n merk gelaat! Ons reistyd amper 8 ure en nie 6 ure 50 min nie! Die seekoeie maak ons wakker. Buks hoor die visarend en leeus in die verte. Ons besluit om die area noord van Khwai hek te verken. Ons is bietjie laat, na die vorige dag se…

  • 4 Julie

    Ons groet Kasane, na n heerlike Nando’s die vorige aand. Ond het seker gemaak ons hoef net tent af te slaan aangesien ons die vorige dag alles reg en weggepak het. Die hele storie van net 260 km maar sowat 8 ure se ry werk bietjie op ons senuwees, Ons laaste beskaafde stop voor ons…

  • 1 Tot 3 Julie: Kasane.

    1 Julie Ons kom so skuins voor 10h00 weg by Divindu en ons sien opgewonde uit na Botswana. Ons maak net voor die grenspos vol met Diesel. Botswana se Diesel is so 18% meer as Namibia (Ons moes toe al die boodskap gekry het!) (later meer hieroor) Die grenspos administrasie is n vulletjie en gou,…

  • 29 en 30 Junie

    Ons kuier die paar dae lekker by die rivier. Werklik nie veel om te rapporteer nie! Eintlik het ons net bietjie ontspan, klere gewas en Buks het sy Tiervis gaan soek. Mooi byt gehad maar nou ja, die ding (Tiervis) spring uit die water en spoeg letterlik die hoek uit! Die volgende dag was ons…