
Nie n lang roete die dag nie, maar die pad is maar sanderig. Beslis nie die gehalte van Namibie se grondpaaie nie.
Ons is heel beindruk met Met Drifters en besluit kamp opslaan is uit tot ons tuis is.
Ons kry n gerieflike tent met eie ablusie.



Rn Mornay se grondslaap is verby!! So lekker om n matras onder jou lyf te voel na 31dae se slaap op die grond!
Ons kuier die aand lekker saam met n familie van Pretoria. Man en vrou het pas hulle groep reisigers afgesien en Buks besluit net daar en dan om hulle te gebruik vir n Pa en Seun week se Tiervis vang nadet aan einde van die jaar.