Ons is vroeg op en sien opgewonde uit om die Delta, Vierde Brug en Derde Brug te besoek….min wetende…
Korrek! Ablusiegeriewe is n dag te perd vanaf die kampplek.
By die ingang na die Delta, Khwai hek, bevestig die personeel dat ons die R750 kan betaal wanneer ons terugkeer.
Ons het 3 GPS toestelle, eintlik vier, want Buks het n ingeboude Radar. Derde brug is net sowat 63km verder die pad af, of is dit? Ons is vol selfvertroue. Twee oud weermag Kapteins en 3 GPS’s, hoekom worry!
Nou ja, die van julle wat n GPS verstaan sal weet. Sodra jy van die roete afwyk doen die slim masjies n her-kalkulasie en kies weer die kortste roete.

Dit is maar moeilik om wild te besigtig. Die pad is nou, stamperig, sanderig en verg volle konsentrasie.
Ons is nie bekommerd nie, en sien hier en daar mense op wildritte.
Na n ruk besef ons, ons het moelikheid en kom te staan voor n waterweg, ok in kort, n “water crossing”
“No way”, seg Buks maar ek sien kans. Ons draai egter om en na sowat 300 meter kom daar 4 voertuie verby. Ons draai om, betyds om te sien dat twee reeds deur die water is en ons volg, sonder moeite.
Min wetende dat ons net verder die wildernis invaar, maar ons volg die GPS se verwronge idee van humor.
Tog het ons nog n tydjie vir ons eie humor

En loop nog n paar grotes raak. Moremi weed eater!

Ons begin om die blou lyne op die GPS (vorige spore) te kruis. Ons ry in sirkels, maar druk deur, tot by nog n “watercrossing”. Die een, so 80 meter lank en modderig is een te veel en ons draai weer om.
Dit is net hier waar ons n Damaskus oomblik nodig het en Buks kom daarmee uit.
Bogger alles, ons gaan terug na die ingang by die hek!
Ons verskil maar sy plan maak sin en ons ry terug.
“Nou vat ons “the road most travelled”, nog n Damaskus oomblik van Buks, en dit werk. Ons is al 4 ure op die pad na nerens!
So kom ons by Hippo Pool uit!



Die Visarend bly sweef, maar sy visvang laat my dink aan Buks se twee Tiervisse wat weggekom het!

Ons word gewaarsku dat Vierde Brug nie stabiel is nie.
Nog n klein oorwining!
Ons bereik uiteindelik Derde Brug!

Die terugrit vat net mooi n kwart van die tyd om daar te kom!
Die aand wil ons reflekteer maar die beste waarmee ons kon uitkom was “been there, done it!”
Ons sluit ons besoek aan die Moremi af met Maalvleis, pasta en n kaassous.

Daar is seker ander maniere om onderbroeke droog te kry, maar n boer maak n plan!
More begin die terugtog en die Fortuner se neus gaan Suidwes begin draai. 2300 km van die huis af!