Dit is n taai 850 km plus wat voorle.

Die grensoorgang is moeiteloos, maar ai! Ons stop in Vryburg. Wat n teleurstelling. Engen se toilette is so vuil dit is onuithoudbaar. Skielik is daar 4, 5 mense om die Fortuner wat bedel vir brood en geld. Die vinnige blikke binne die motor ontgaan jou nie en jy weet jy moet op jou hoede wees. Ons is terug in die Republiek, loadshedding en al!
Ons boek by die Holiday Garden Inn in en dit is koud, baie koud. n Spur Pensioners is net wat ons nodig het.
Uit die hoek van my oog sien ek die Junior Bokke pakslae kry by die Iere.
Vroeg in die vere is ons voorland. nog 930 km huistoe.