Die rit die vorige dag het n merk gelaat! Ons reistyd amper 8 ure en nie 6 ure 50 min nie!

Die seekoeie maak ons wakker. Buks hoor die visarend en leeus in die verte.
Ons besluit om die area noord van Khwai hek te verken.
Ons is bietjie laat, na die vorige dag se rowwe sessie. Dit is ruig en die wild moeilik sigbaar.
Dit is, genadiglik nog wild en ongetem, meer n mite dat jy n jaar voor die tyd moet bespreek om hier in te kom.
Daar is baie kampe, almal min of meer dieselfde as waar ons ingeboek het. Alles het egter n prys. en die koste is reeds R1,400 vir 2 persone.


Van paaie is daar nie eintlik sprake nie!
Ons ry tot by Khwai brug, ingang na die groter Moremi!

Dit was n rustige dag en ons vaar terug na ons wildernis kamp!

Natuurlik nie voordat Buks sy boksie tick op sy Buckett list nie, n vaart op n Makorrokoro. Net jammet alle Makorrokoro’s is deesdae veselglas. Die plaaslike bevolking is verbied om die tradisionele Makorros te maak as gecolg van die impak op die bome wat afgekap word.
More durf ons die Delta gedeelte van die Moremi aan!


Ons word oopbek (en statig) gegroet vir n aand om die vuur!