Ons kuier die paar dae lekker by die rivier. Werklik nie veel om te rapporteer nie!
Eintlik het ons net bietjie ontspan, klere gewas en Buks het sy Tiervis gaan soek. Mooi byt gehad maar nou ja, die ding (Tiervis) spring uit die water en spoeg letterlik die hoek uit!
Die volgende dag was ons klere, en sluit ons besoek af met n lekker ete by Passione n Netjiese restaurant in Divindu
Dink steeds my potjie die vorige aand was lekkerder!

One response to “29 en 30 Junie”
Moenie te veel rus nie, ek wag vir jou op die gholfbaan.