Ons groet Kasane, na n heerlike Nando’s die vorige aand.

Ond het seker gemaak ons hoef net tent af te slaan aangesien ons die vorige dag alles reg en weggepak het. Die hele storie van net 260 km maar sowat 8 ure se ry werk bietjie op ons senuwees,
Ons laaste beskaafde stop voor ons die sowat 160km tweespoor sandpad aanpak.


Klaablyklik het twee manne en vrouens in die vroee 19h00’s onder die boom gebly en het die volkie rondom hulle posgevat. Die vrouens is, nie ver van die boom, jare later begrawe.
Die kremetartboom het groot kulturele waarde in die area, en in Botswana as geheel. Ons verneem dat, as gevolg van aardverwarming, die Kremetart sukkel om voort te plant.
Wel, die pad was allles wat ons verwag het en meer!
Dit is nog baie rowwer as wat dit lyk!
Moedeloos en baie knorrig kom ons uiteindelik, 8 ure later, by ons kampplek aan. “Hippo Pool Campsite” Dit is n nuwe kamp, in 2022 tot stand gebring deur die plaaslike gemeenskap.
Dis wild, maar ons weet ons is effens uit die beskawing.




Stoksiel alleen is ons!
Ons ablusie geriewe is nie binne loopafsrand, so ons besluit om maar net neer te val. Dit was n lang dag, maar Buks is tevrede dat hy nou wel in dik sand kan ry!!
More verken ons die omgewing en ek hoop ons kan julle op hoogte hou!
3 responses to “4 Julie”
Ja nee kyk daar is julle toe nou alleen alleen……naggeluide is seker vreeslik mooi?! Jy en jou gedagtes alleen wat amok maak en net die dorre natuur.
Jinne maar dis ongelooflik interessant …….veilige reis verder……wat n belewenis…..dankie dat ons kan deel wees van julle wedervaringe.
Daai pad sal n man mos seesiek maak. Het jul lekker ge4x4 in diksand.
Geniet. Ek het almal hier in die US van julle rit vertel en aan almal fotos gewys. Reaksie van almal is. Africa is amazing.