1 Julie
Ons kom so skuins voor 10h00 weg by Divindu en ons sien opgewonde uit na Botswana.
Ons maak net voor die grenspos vol met Diesel. Botswana se Diesel is so 18% meer as Namibia (Ons moes toe al die boodskap gekry het!) (later meer hieroor)
Die grenspos administrasie is n vulletjie en gou, maar feitlik dubbel die prys as om Namibie in te gaan. Natuurlik dra die swak rand by! 1.45 Rand tot die Pula!
Almal met wie ons gepraat het beveel Chobe Safari Lodge aan, so dit is ons eerste stop.
Soos die Roeteloos gaan, het ons nie besef dat dit Namibiese en RSA skoolvakansie is nie. Al wat n Kapenaar en Gautenger is het hier kom afpak!
Ons is baie, baie gelukkig om n kansselasie, van n toeroperateur, te kry.
Chobe Safari Lodge het n eerste wereld en n derde wereld. Die lodge en dan die kampering!



Laat ek liewer niks verder se nie, behalwe dat die kampering so R900 (vir 2 mense) kos! Ons kry die boodskap. Botswana is peperduur en meer vir Brad Pitt en Angelina!!
2 Julie.
Ons is onseker, kyk op die kaart en het geen idee hoe n mens by Chobe Nasionale Park inkom nie.
Buks stap oor na n groep kampeerders…”Manne, wat doen n mens hier..” Nie sy presiese woorde nie maar naby genoeg.
En n paar minute later is ons oppad Chobe Nasionale Park toe. Nog n ligte skokkie..R750.
Ons ry en ry, al langs die rivier af. Sien min, maar ons is albei bekommerd. Hoe en waar voorentoe. Botswana is volgeboek, van hoek tot kant. Ons besef ons het moeilikheid, groot moeilikheid!


Die twee van ons…
Ons is teleurgesteld, sien nie veel nie maar kan darem se ons was daar en die boksie “Tick”


Hier is leeus, maar vandag sien ons hulle nie!
Ons dink weer aan die pad voorentoe. Of ons val met ons agterstewe in die botter….of miskien modder!!

Ons het n kontak gekry by n toeroperateur om te kyk of ons Vic Valle toe kan gaan met n taxi,
Lang storie kort, ons kry vir Andy, maar die kamp is vol en ons kry nie nog n dag geboek. Die keuse is tussen Tiervis of Vic Valle. Tiervis wen en ons boek vir die vir volgende dag.
Ons kry intressante bure, van Hermanus. Wynmaker en ons moet erken baie lekker wyntjie!

Die aand kom kuier Katherina en haar seun Jose weer by ons, tot laatnag.
3 Julie
Drie ure op die water. Dit is pragtig en ons bewonder die grote Chobe rivier!

Buks hak weer n Tiervis, en weer, so 2 meter van die boot af klim Ta weer in die lug, glimlag vir Buks en spoeg die hoek uit!

Goed om te sien hy glimlag nog!
En visvang is nie my gunsteling sport nie. Gelukkig kry n ou darem meeste van die tyd jou gholfbal!!

Ons maak die middag weer n draai by Andy en hy kry vir ons kampplek in die Moremi by Hippo Pools Lodge (R1200 per nag).
Ek was in 2008 in die wereld en weet geriewe is min. Geen winkels, vulstasie, net mooi wildernis. Die sessie sal bepaal of twee 68 jariges nie te veel afgebyt het nie!
Wat Kasane betref, bly maar Afrika, al is daar n shoprite en n Spar! Kleinsake besigheid is groot!


Niks snaak om n vlakvark of twee in die hoofstraat te sien nie! En dan kry hulle af en toe n skop onder die…
Ons is bietjie teleurgesteld in Chobe maar die tyd was goed en ook seldsame ervarings soos die Bosbok wat ongenooid by die kampplek opdaag en n kool blaar uit my hand eet. Ai, Afrika bly n besonderse plek!

2 responses to “1 Tot 3 Julie: Kasane.”
Manne dis n voorreg, geniet elke oombliken wanneer julle terug is, beroof ons n bank of sluit ons by die ANC aan (veilige opsie).
Oh showee julle is in die middel van n ekstra ordinere ervaring vol uitdagings……senutergend so met rukke klink dit my…..maar nogsteeds onbeskryflike voorreg. Geniet elke dag. Veilige reis daar in die wildernis deur die Delta. Sien uit na die volgende “update”.