9 Julie (Rugby dag!) Serowe


Ons vertrek na n heerlike ontbyt en kan werklik Drifters aanbeveel as n lekker oornag kamp.

Ons het die vorige aand besluit om die oorblywende 1 900 km in drie te deel. Dus so 600 km per dag, maar ons het ook besluit ons stop nie voordat ons n plek kry om rugby te kyk nie!

Palapye was ons eerste keuse maar Rugby is min, toe druk ons deur Serowe toe!

Heerlike Biefstuk en Rugby by die Serowe Hotel. Bokke 43 Wallkabie 12.

Ons ontmoet weer drie gesinne wat reis en oppad is Pretoria toe.

Na die Rugby kuier ons heerlik saam met hulle, en tot ons verbasing, toe ons ons rekening wou betaal, vind ons uit dat dit ten volle betaal is deur ons nuwe vriende!

What happens in Serowe…kom ons se maar net, dit was Buks se aand. Myne in Sesriem gehad!

Ook net hie dat ons besluit die laaste 1800 km in net twee dae. Kimberly hier kom ons.


2 responses to “9 Julie (Rugby dag!) Serowe”

  1. Mornay en Buks

    Was goed om julle te ontmoed. Ek het jou storie al aan n paar mense oorvertel. Dit was lekker om saam met julle te kuier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *