Nabetragting


Ek dink die eertse vraag wat by mens opduik is, “was dit die moeite werd.” Onomwonde, JA!

Van die eerste dag, die koue rit na Vioolsdrif, die hartlike ontvangs van Cathy. Daarna, tot by die Canyon, die Visrivier Canyon. Die rit na koue Aus en die ete by die hotel en die skaam dame wat n aansteker kom soek het.

Die Sondag na Luderitz, Kolmanskop en die wilde perde.

Sesriem en die herontmoeting met Olga (die skaam dame wat n aansteker kom soek het by Aus) en Pascal haar Franse vriend. Die saamkuier met hulle by Sesriem.

Die Sesriem Canyon, die massiewe rooi duine en die Dooie Vallei

Walvis se Flaminke en die heerlikste Seekos vir een! Die probleme met die rekenaar, die besonderse Swakopmund.

Die eerste oorslaap op n bed in Omaruru.

Die skoonheid van Namibie en die paar dae in Etosha.

Die twee dae in Kaisosie.

Die heerlike kuier by die manne by Rainbow Lodge. Die twee Reservate, 32 Batteljon ens.

Rundu en Kat wat die volgende 10 jaar in haar Landrower gaan spandeer.

Kasane…

Die tog van Kasane na Moremi, die verdwaal en kronkelpaaie.

Die terugtog, die Rugby en nuwe kenisse!

Daar is so baie!!

Maar, met die aanvang en beplanning was daar ook ander doelwitte.

Persoonlik, en ek weet Buks ook: Na die Roetelose toer kan ons, soos hy dit stel, terugdink aan wat kon wees, nie meer met soveel seer nie, maar met deernis. Seer het plek gemaak vir deernis, en vir nou is dit goed genoeg.

Wat ons albei opnuut geleer het: Jy kan tot aan die einde van die wereld reis, maar jou hart, en dit wat daarin diep gebere is, reis heelpad saam.

Dankie my vriend! Sedert ons 10 jaar oud was, was dit n voorreg om weer saam met jou te kon deel, iets wat baie spesiaal was.

Aan die wat ons gevolg het, baie dankie en dankie vir al die kommentaar!

Die ou grote wou nie knipoog nie, maar van my en Buks knipoog ons en ons se mooi loop!


2 responses to “Nabetragting”

  1. Welkom tuis. Bly jul het dit so geniet en dat jul so baie kon beleef het. Ons bly in n pragtige land. Ons dank die Heer vir jul veilige reis.

  2. Wat n belewenis vir julle. Dankbaar julle is veilig by die huis. Wat n voorreg om julle reis te volg en saam te beleef. Ongelooflik geniet

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *