27 Julie


Vorige aand se kuier het goed afgeloop. Heerlik vleisie en gekuier tot laat nag.

Ons besluit om Buffalo Reservaat te doen.

n Paar interessante feite:

Die area was die tuiste van 32 batteljon. Die batteljon het hoofsaaklik bestaan uit n klein Suid Afrikaanse leierskorps en Portugese soldate.

Wat min mene weet/besef is dat die eenheid op n staduim tot 6000 mense gehuisves het met n bosskool.

Die Eenheid is met onafhanklikheid van Namibie ontbind, in 1998. Vandag, is wat oorgebly het van die eens gevreesde eenheid….

Boonste foto:

Ingang na die skool

Tweede foto:

Ingang na Buffalo: 32 Batteljon

Verdere foto’s:

Kantore en huisvesting van soldate.

Die pad is sanderig en n baie goeie 4×4 is nodig om hier te ry!

Die wildlewe is aktief en gesentreerd rondom die paadjie wat al langs die rivier en vloedplein afloop.

Selfs die kleinste stel hul mooiste bekend, soos die Troupand.

En dan die wat uitgeskop is en alleen loop. Kyk die verflenterde ore!

Dan die families wat met sorg gelei word!

Uiteindelik kry ons die Swartwitpens, Sable.

Die skoot is bietjie wyd, maar na n gesukkel is ons beste raaiskoot n Wooly neck Stork. Ek hoor graag van die experts!

Op pad terug groet die een, en ons verskil van opinie of dit Churchill of Al Capone is wat aan die sigaar smul!

Tot Buks se teleurstelling is die boot nog nie reg nie en sy Tiervis-droom aan skerwe, vir nou.

Ons kuier die aand lekker saam met Deon(eienaar) en Herbert, Deon se ou skoolvriendwat soos ons ook na n lang tyd herenig het.

Terwyl die sterre ons omvou, met gedruis van Popa Falls gaan ons slaap en ons mis ons kinders en kleinkinders.


4 responses to “27 Julie”

  1. Goeie jissie daai murasies en die geskiedenis daaragter…….sjoe.
    Daai vleisie op die kole lyk mos na koningskos……..lekker lekker👌😜bly nogsteeds veilig en geniet elke liewe oomblik.

  2. Dankie dat ons Afrika ook kan sien deur julle fotos. So besonders en laat jou besef hoe uniek elke dier in die natuur is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *