26 Junie


Buks is vroeg op, naarstigtelik opsoek na sy eerste vis. Al wat hy kon kry was sy eertse soen!!

Ons vat die pad na Mahango, die naaste Reservaat. Ons verwagting is nie hoog nie maar

Op aanbeveling van Deon kies ons die paadjie wat al langs die rivier afloop. Die deel is ook bekend as die begin van die Okavango Delta.

Die Reservaat laat my dink aan Suid Luangwa in Zambie. Min voertuie en ons is aangenaam verras met die wild wat te siene is.

Probeermaar die draaie van die horings tel. Ek maak dit 4.5 draaie en die punte reeds wit.

Nog nooit het ons soveel vlakvarke gesien nie.

Lechwe, wat ons nie ken nie, is volop.

Selfs n hele paar krokodille

Oppad uit kry ons die twee Koedoebulle wat sake uitspook!

Ons maak n draai by die gevalle Kremetartboom. Wet van die natuur, en ons lewe….ou bome val uiteindelik om,

Gegewe dat die bome tussen 1,100 jaar en 2,500 jaar oud word laat mens opnuut wonder en bewonder. Die gevalle grote se ouderdom onbekend. n Weerligstraal was sy einde.

Met n trop Buffels in die agtergrond!

Die jonges moet maar die kruis verder neem!

Hier is n intressante debat. Volgens vertaling (Roan) is die n Bruinswartwitpens, maar hier rond seg hulle dis n Bastergemsbok. Laat ons hoor wat julle opinie is!

Soveel diere, soveel persoonlike, verpersoonlikings van Afrika. Hier is myne.

Buks geniet sy yskoue lafenis na die dag. Die latere nuus is nie goed nie. Die boot gee probleme en Buks sal moet wag tot more om sy Tiervis te vang.

Ons het slegs 82km gery en amper net soveel gesien as in Etosha. Fotos wat net te wyd was, Olifante, Sable (Swartwitpens). Ons stoutste verwagting oortref.

Maar nou gaan ons die gemeenskap braai bywoon

Groete


4 responses to “26 Junie”

  1. Oh my freekin geezim maar dis darem die mooiste gesig …….al daai diere……verskeidenheid en dan nog meer…..showee. Vertrou die vis sal gevang word more.

  2. Ai dit lyk ongelooflik lekker.Ek ken daai bok ook as n bastergemsbok. Jul is darm lucky verby om so n klomp wild te sien.

  3. Afrika met sy ongeskonde natuur is asemrowend. Soos die Amerikaners se. Thank you for sharing. So besonders. Die beskrywing laat my voel asof ek daar is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *