25 Junie


Die twee verdagtes is pas gewaar waar hulle Kaisossi verlaat. Hulle is vermoedelik oppad Divindu toe, nader aan die grens en daar word gevrees dat hulle die grens na Botswana binnekort gaan oorsteek.

(Fugitives on FBI’s most wanted list. Last seen in Rundu Namibia. Deemed dangerous, don not feed them)

Die rit na Divindu is slegs sowat 218km.

Daar aangekom soek Mornay eers skoenpolitoer??? Hoekom? Geen mens sal weet nie!

Ons verken moontlike kampplekke. Van die Lodges se kampgeriewe maak eers 1 Julie oop.

Ons draai af by:

Met die deurstap ontmoet ons vir Herbert en raak aan die gesels. Vir n man wat die wereld ken, beveel hy die Kampplek aan.

Die vorige aand se navorsing druk ons om ook na Ngepi Lodge te gaan loer voor ons finaal besluit.

Ons maak die regte besluit, terug Rainbow toe!

Kamp is pragtig. Op die oewer van die Kavango Rivier. Vir die wat nie weet nie, die O is jare gelede verwyder en wat alombekend staan as die Okavango is eintlik vanddag die Kavango.

Na ons kamp opgeslaan het, kies ons koers na die Kroeg. Soos afgespreek kry ons die eienaar, Deon, daar vir n verkoeling.

Ons melk Deon se uitgebreide kennis van die ongewing. Tot Buks se plesier is Deon n ywerige visserman en Buks boek onmiddelik n sessie saam met hom om Tiervis te gaan vang die volgende dag.

Tot ons verbasing wys Deon ons die drie Wildreservate, binne 20km, van die Kampplek, asook al die wild wat te siene is. Mahango, Buffalo, en Kwando Reservate.

Deon nooi ons ook om die volgende aand n gemeenskaps-braai by te woon. “Bring net jou eie vleis”, seg hy. Een kyk na die knetterend vuur, besluit ons die uitnodiging is aan!

Na die dag se oppak en weer opslaan is ons pootuit. Ons het nie vleis ontdooi nie en Patrolliekos (Boeliebeef en brood ons voorland!)

Ons slaap soos Rip van Winkel!


2 responses to “25 Junie”

  1. Ai lekker gelag. Afrika sonder die bietjie humor is nie Afrika nie. Afrika is pragtig maar ook hard. Ek se altyd Afrika is geen plek vir die wat net kla nie. So as jy op die FBI list is. Is Afrika die regte plek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *