So pak ons in die donker op. Rundu is n week te perd weg.
So met die inpak deel ons ons tevredenheid met die tyd in Etosha. N paar dinge wat ons laat glimlag

So maak n man n plan as jy vergeet het om die bacon uit die vrieskas te haal! En….dis beslis nie Mornay se verwarmer nie…dankie Buks!


En as die brood in die winkel harder as beskuit is, red Buks met heerlike plaatkoekies!
Die rit tot by die uitgang van Etosha is n goeie afskeid (Jammer die kameras was weggepak!) Swart Renoster, Leeu en n jong, pronkende, dansende Springbokkie groet ons voor ons die uitgang bereik!
Die afdraai na Oshivello, die meer by Otjikoto (vertaal as “diep gat”) Tsumeb, bring herinnneringe van meer as 45 jaar terug. Ons gesels oor die tyd in ons lewe, vrylik, die goeie en die slegte, diep herinneringe.
N paar feite oor Otjikoto. Die meer, as n mens dit so kan noem is n Nasionale monument en het onstaan as gevolg van grot wat ingeval het. Dit is, na bewering 145 meter diep maar die werklike diepte is nog n raaisel.
Ons tyd was beperk en wou nie ingaan nie. Google maar, baie intressant.

Ons maak n vinnige draai in Grootfontein. Clicks SA het gese ons kan voorgeskrewe medikasie in Namibie by Clicks kry…hmmmm fout, Clicks Namibia het nie n dispencery afdeling nie!
Ons vind die aand, die ideale slaapplek in Rundu. Kaisosi, reg op die oewer van die Kavango rivier. Net wat ons nodig het na Etosha se stof! Groen gras, eie ablusiegeriewe!

Dit is laat en ons bederf onsself met vis, calamarie en skyfies by die restaurant!

En…

Enige skaap (Lama) kan pool speel en…

en wen!!
Die son sak oor Angola

24 Junie
Die son skyn nog n dag!

Ons moet bietjie voorraad aanvul. Rundu verbaas ons. Daar is gerieflike inkopie-sentrums en ons duik die begroting by Shoprite.
n Gawe Namibiese apteker sorteer Mornay se voorgeskrewe medikasie probleem uit.
n Lekker roomys by Hungry Lion is net wat ons nodig het!
.

Ek het n onuitgespreekte vermoede dat die foto nie net toevallig was nie!

So vat ons mekaar aan met Putt Putt en Ringer Buks vat my vir n hele R17.
Mornay se vingers n stille getuie van Etosha se sand, erger as skuurpapier

Dit is weer tyd om bietjie te besin oor die pad voorentoe. Ons besluit Popa Fall by Divindu is n goeie keuse.
Ons het heerlik gekuier by Kaisosi. Vir die wat in die rigting kom sal ons die plek sterk aanbeveel. Chalets ook Luuks!

Manne (vroue) dis n voorreg om n hardekool te kan deel.

Groetnis.
2 responses to “23 en 24 Junie”
Geniet die droë weer, die Kaap is natter as nat.
Wow. Die sonsondergang is asemrowend. Wonderlike ervarings wat julle vir lank oor kan gesels en onthou. Ek is jaloers. Laat my besef dat die lewe eintlik gaan om mense en ervarings in jou lewe en nie die aardse goedere nie. Julle twee manne lyk goed