Ons laaste dag in Etosha. Ons stem saam dat die tyd, 6 dae, miskien net mooi een dag te veel was.
Die fyn wit stof het onder ons velle begin inkruip!
Maar ons is net na die hekke oopmaak uit, weer westelike kant. Almal se daar is leeus op die Gemsbokvlakte. Dit is so 55km uit maar wie weet…..


Ons dag is gemaak!

Ons loop daremdie een ook raak!
Ons Groet Etosha. Dit was n, stowwerige, tog wonderlike ervaring. Hier is genoeg vir elke individu om iets persoonlik te ervaar. Of dit die wild is, of die uitgestrektheid, of die eensaamheid/afsondering, of verlange na iets, of iemand, jy kan dit hier vind.
Ons pak die pad Rundu toe aan more die 23ste. Gesels weer wanneer ons weer wifi het.

2 responses to “22 Junie”
Die fotos van 22 Junie was vir my vanoggend die mooiste verjaarsdag geskenk. Afrika bied so baie vir die oog en siel.Ek geniet julle verhaal. Dankie dat julle dit met ons almal deel.
Goeie jissie maar dit is darem prentjie mooi wat julle beleef. Mmmmm die witsand klink of dit nogals n riller kan wees, maar ervaring soos min.
Geniet elke liewe oomblik!