21 Junie


15de, dag, 2 weke op die pad!

Ons gebruik die dag om bietjie orde te skep. Herpak n paar dinge, was klere, maak n draai by die watergat. Die lus om te ry ontbreek en ons laat dit vir more.

Ons poog ook om n paar, tipiese kampskete, te dokter. Hande is grof genoeg om die wortels te rasper. Ons hakskene so grof dat ons ons skoene van binne deurloop, en lippe nie meer soenbaar nie! Gelukkig herinner ons, onself aan vanmelewe se advertensie, “Hande, knie, voete elmboe….”

Aagesien ons nie veel het om oor te rapporteer nie bring ons almal op datum van ons tog!

Dag een 7 Junie

Dag 2: 8 Junie

Ons verken die Richtersveld. Wie kan Genl Smuts herken. Net n bietjie verbeelding!

Dag 3: 9 Junie

Oornag by Gondwana Canyon Roadhouse en besoek Visrivier Canyon.

Dag 4. 10 Junie.

Aus.Was bitter koud!

Dag 5 :

Ons verken die Perde, Kolmanskop en Luderitz.

Dag 6: 13 Junie

Sesriem ons eindpunt!

Dag 7: 14 Junie

Verken die omgewing by Sesriem. Sesriem Canyon en die Dooie Vallei.

Dag 8 en 9: 15 en 16 Junie

Walvisbaai en ons is n week op die pad!

Dag 10: 17 Junie

Ons Lodge by Omaruru, maar nie voordat ons n pap wiel naby Usakos kry nie!

Spitzkoppe was op die lys vir n vinnige besoek.

Dag 11: 18 Junie.

Net mooi 5 dae langer gevat om by Etosha uit te kom, maar dis Roeteloos!

Ons groet die dag!


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *