Ons maak eers n draai by die watergat, niks om te sien nie.
Ons besluit op n 100km roete, die keer westelike rigting.

Ons is gelukkig om n AfricanWild Cat raakte loop. Die 400mm lens is net te min vir n goeie foto.
In die kat se domein is hy die Leeu en die muise die Rooibokke!
Rooihartbeeste, Zebras, Blouwildebeeste, Rooibokke en Springbokke is volop. Dit bly maar n soeke na grootwild.

En as jy hulle kry is hulle ver!
Etosha gaan nie net oor die wild nie. Die alom veranderende landskap is spesiaal. Van ruigtes tot oop panne, wat verder as wat die oog kan sien, strek.
Die gevoel van eindlose wydheid skep ook n atmosfeer van eensaamheid.


So eensaam! (Ek kry die gevoel dit is nie ie eerste keer dat ek die twee bome sien nie)

Ook n optimistiese skoot. Kan iemand dalk help met identifikasie?
Vanaand gaan ons braai! Ons mag nie vleis uitneemnie, so eet gaan ons eet.
2 responses to “20 Junie”
Te ver om die voël te identifiseer.
Geniet dit. Saam Ashes gekyk in Halali…baie dankie. buks