Daar is n baie goeie rede hoekom ons besluit het om nie te ry nie.
Die paaie werk n man se rug en niere! Dit was rede nommer een. Rede nommer twee is dat ons die “budget” so bietjie wil laat rus!
Die watergat is maar ons bestemming vir die dag. Die normale Zebras, Rooibokke, en n paar Springbokke.
Ons word verras deur n klompie mooi Koedoes! Die Bul is n meneer!

Ek hoop ons is reg. Is dit n Juvenile Martial Eagle (Jong Breekop Arend)?

Na die vorige aand se kosmaak en laat bed toe is die hoof chef bietjie moeg. Niks fout om n uiltjie te knip nie!

Twee Rooibkok ramme maak n saak uit voor die ooitjies. Die kleiner een het gou bes gegee.

Tyd uit is tyd uit (besluit die chef) en die aand maak ons net n heerlike Tuna Pasta slaai
One response to “19 Junie”
n Man moet rus. 2