17 Junie en 18 Junie


17 Junie

Ons arriveer, heelwat later as beplan, by Etosha (Anderson Hek) aan, hoofsaaklik as gevolg van vooraadaanvulling by Outjo.

Moet se ons sien uit na 6 dae se rus en nie kamp opslaan en afslaan nie.

Ons is verbaas om met die intrapslag n Renoster in die koelte te gewaar.

By Okaukuejo, so 17km verder moet ons eers die parkgelde betaal, Nogals n stywe bedrag, R250 per dag.

Daar is nog n stywe 75 km oor na ons Kamp in Halali. Styf want teen n gemiddelde spoed van 40km per uur neem dit tyd.

Einde is in sig!

Die kamp is verbasend leeg, gegewe die skoolvakansie wat in volle swang is in Namibie, so ons kan kies en keur.

Die aan braai ons hoender met n broodjie. Was n lang dag (358km) en ons val neer.

As ek raad kan gee aan aspirant besoekers, koop maar voor die tyd alles wat nodig is. Binne die kamp is dit peperduur, bv R100 vir n klein sakkie hout. Data is te koop maar ook peperduur.

Net jammer n paar jong manne wat op die wildrit was hou ons uit die slaap tot 24h00.

18 Junie.

Ons roer vroeg en maak eers n draai by die watergat by Halali. Die son is perfek en Buks skitter met die kamera.

Dit is Vadersdag en ons mis ons kinders!

Ons kry goeie advies oor n moontlike roete die dag by n Suidwester. Ons besef na die tyd dat ons baie optimisties was om n 203km roete aan te pak.

Ons verneem ook dat daar gratis wifi by die restaurant beskikbaar is!

Die pad is maar sinkplaat en die afdraaie vanaf die hoofroete vat aan motor, bestuurder en passasier.

Op die Rino roete sien ons min. Die spoor en mis van die Renoster loop heelpad saam maar sien is min.

Ons kom op n trop Olifante af en Mornay is n bietjie te naby na die sin van die Koei wat haar Kalfie beskerm. Gelukkig gee sy net n waarskuwing na ons kant toe

Dit is paartyd en die ooitjies moet hulle keer ken!! Die detail moes ek ongelukkig sensor!!

Ons ry deur tot by Namatumi wat die verste oostelike hek is. Ons maak n broodjie met lekker koue hoender!

Die 102km na Namatumi het ons die beste deel van vier ure geneem en dis tyd vir omdraai.

Ons volg n ander roete terug kamp toe en weereens skiet Buks n paar goeie skote!

Lyk vir ons asof n modderbad hier wit is!!

Ons arriveer eers na 17h00 weer by die kamp. Nog n laaang dag maar suksesvol.

Mornay braai n vleise met pap, sous en n koolslaaitjie terwyl Buks by ons bure, Hannes en Marinda, n paar wenke optel vir eendag, as ons in Botswana uitkom.

Hannes is op sy sestigste verjaarsdag viering asook hulle 30ste Huweliksherdenking


One response to “17 Junie en 18 Junie”

  1. Ek is so bly dat julle terugvoering gee, dit maak my so lus vir die bos dat ek sommer wil huil. Geniet die mense en die diere.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *