Ons pak op en Groet Walvisbaai!
Eerstens moet ons weer n draai maak in Swakopmund om die rekenaar op tetel, asook Buks se laaste poging om n seilsak te bekom.
Rekenaar is reg, windows 11 gelaai so Mornay moet van vooraf leer!
Die tog na Omaruru is sowat 280km. Teerpad en ons maak die 9 liter per 100km!
Ons wik en weeg by die afdraai na Spitzkoppe, besluit om die 70km draai te ry want die kans dat ons ooit weer hierverby gaan kom is skaars
Die dag se eerste verassing! Wat is die kanse dat ons Pascal en Olga weer sou raakloop op die vlaktes van Spitzkoppe! Ons groet die laaste keer.

Ons weier rebels om te skeer! Spitzkoppe in agtergrond

Die tweede verassing vir die dag is minder aangenaam. Ons stop vir n broodjie langs die pad en een van die bande se banddruk lyk verdag. Ons is so 15km van die naaste dorpie (gelukkig). Na ons die band bietjie gepomp het kruie ons aan opsoek na iemand wat kan help.


Wie sou kon dink dat n motorband se valve, van die dukker kant af, regdeur n band sal gaan!! Maar die plaaslike manne, metbeperkte gereedskap sorteer ons uit!
Ons arriveer so net na 5 by Omaruru Guest Lodge. Man en vrou van Austria wat so 10 jaar gelede hier kom vestig het.

Wat n netjiese plek. Kamer, ontbyt teen min of meer die prys van n kampplek.


Ons geniet n bottel Van Loveren Pinotage en maak heerlike maalvleis op vars bruin brood.

Die ontbyt was heerlik en ons groet nog n dorp in die mooie Namibie.

2 responses to “16 Junie”
Julle is bevoorreg, geniet elke oomblik. Groete en veilig ry.
Dit klink vreeslik lekker. Genier elke oomblik tweekeer soveel.
Gek vir al die fotos……doen meer en meer assepretty pls man.
Veilig reis ne!!