14 en 15 Junie


Ons pak vroeg op. Walvisbaai is ons volgende stop. Ons groet Pascal en Olga, ruil nommers uit ens.

Pascal het ’n video van die vorige aand se kaskenades en kom ons seg maar die kopiereg is beperk.

Pad na Walvisbaai is maar rof, 318km sinkplaat, en ons vorder darem so teen 70-80km per uur.

Ons reis via Solitaire en daarvandaan nog so 210 km na Walvis met net mooi niks tussenin nie.

Ons is redelik vroeg in Walvisbaai en kry uitstekende windbeskutte kampplek by Lagoon Chalets and Camping. Prys billik en binne begroting.

Ons het genoeg tyd om kamp op te slaan en verken die dorp.

By die waterfront kom ons op ’n hele paar restaurante af. Mornay betaal sy boetedoening van die vorige aand by Dockside Seafood and Grill. Ons geniet die beste Seafood platter ooit! Beter en goedkoper as Ocean Basket.

Môre gaan ons die Flaminke en Pelikane besoek. Ook ’n draai in Swakopmund maak. Dit is skoolvakansie en die Roetelose manne begin worry oor staanplek in en om Etosha. Ons is aangeraai om by Namibië Wild Life and Parks ’n draai te maak in Swakop!

Nog ’n mooi dag en ons is tevrede!

15 Junie

Ons roervroeg want ons het n paar dinge om te doen. Dit is lekker vroeg en n besoek aan die befaamde Flaminke van Walvisbaai is eerste op die lys.

Ons moet dringend in Swakopmund uitkop. Die rekenaar het gevries, en ons moet probeer plek bespreek vir Etosha.

Ons is beindruk met Swakopmund!

Met n tikkie Roetelose geluk kry ons staanplek bespreek by Halali vir 7 dae. Dink net, 7 dae van NIE kamp op en afslaan nie!!

Ons kry, na ons die dorp platgeloop het n man wat reken hy kan die rekenaar regmaak, maar dit sal tot die volgende dag neem.

Die Spur ontbyt/burger gaan goed af!

Na ontbyt soek ons n ekstra seilsak om op die dakrak te laai, sonder sukses.

Ons maak n draai by die Jetty in Swakopmund. Pragtig.

Die dag stap aan en daar moet nog klere gewas word!

Laatmiddag maak ons n laaste draai n Walvis en stock bietjie op met voorraad.

Die aand braai ons heerlike Rib Eye en braaibroodjie!

Ons besef weer hoe bevoorreg ons is!


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *