Hier roer die mense vroeg. Teen 06h30, in die stikdonkerte en sterre nog helder, is daar al ’n string voertuie wat wag om by die park in te gaan. Baie van die voertuie is van lodges wat hulle gaste die dag na Sossusvlei bring.
Ons maak rustig koffie en kies die pad na Sesriem Canyon toe so teen 09h00.
Met die eerste oogopslag, van die parkeerarea af, lyk dit na hoegenaamd niks. Ons stap en volg die voetspore. Wat ’n belewenis! Ons spandeer amper twee ure in die Canyon.




Volgende stop, op die Sossusvlei pad, was Dune 45. Korrek!. Nie een van ons twee het kans gesien om die duin uit te klim nie!
Die miertjies teen die rand van die duine is (mal) mense. So 20 tot 30 minute om bo te kom!

Koffie en broodjie, die een broodjie was jêm en brood en nie brood en jêm nie!

Ons ry verder op die Sossusvlei pad, tot aan die eindpunt. Van daar is dit ’n stewige stappie, wat Buks alleen aanpak, na die Deadvlei Area. Sowat 900 jaar gelede het die klimaat opgedroog en die vlei is afgesny van die rivier. Dit het gebeur as gevolg van Duine wat opgebou het.

Die klimaat is van so ’n aard, dat die bome gevrek het maar nie vergaan het nie. Oor die jare het die bome net pikswart verbrand!


Ons keer tevrede terug. Nog ’n goeie dag. Mornay se job om spaghetti Bolognaise te maak!
Toe eet ons nie alleen nie! Pascal, Franse jong man en Olga, sy Russiese metgesel het ons in Aus ontmoet en weer die aand in Sesriem.
Pascal bring ’n lekker bottel rooiwyn en die bolognaise is genoeg vir 4 mense. Ons kuier tot laat…
Daar is dinge wat ons nie op die blog kan sit nie/?. What happens in Sesriem stays in Sesriem…

2 responses to “13 Junie”
Dit mag jy nie doen nie, ons wil alles weet. Net sê, Mornay, jy het jou roeping gemis, jy moes vroeg in jou lewe by WEG aangesluit het, want jy oortref elke artikel wat ek in die Weg al gelees het met hierdie terugvoering. Veilig ry.
Sesriem party was lovely! I was just about to upload a video from that evening but luckily it didn’t go through 🙂
We are glad you enjoyed the evening as much as we did. Enjoy your amazing trip guys, you inspired us! All the best.
Olga & Pascal