12 Junie


Ons pak vroeg op in Aus, in die reën. Tente is nat en dis vrek koud maar ons druk deur!

Ons vat die pad Sesriem toe. Volgens die kaart, heelpad grondpad.

Ons weet dit gaan ’n goeie dag wees toe Buks die Swartborsslangarend spot en ’n paar manjifiek foto’s neem.

By die D707 afdraai na links, het ons ’n keuse. Reguit aan met die C13, goeie pad, of tussen die berge en sandduine. Ons is gewaarsku dat die D707 nie so goed is nie.

Ons kies die D707. Goeie keuse. Die landskappe is astronomies. Dink daar is amper soveel Gemsbokke op die vlaktes as Rooibokke in die Kruger Wildtuin (ha, ha)

Ons is gelukkig om die Black Back Jackal naby die pad te gewaar.

Net ’n entjie vêrder, glo dit, loop ons ’n trop Bat Ear Foxes raak, helder oordag. Dit is mos eintlik ’n nagdier.

’n Ent vêrder loop ons ’n ander werklikheid raak. Die karkas van ’n Gemsbok en, wat ons vermoed, een van haar kalfies was. So mooi soos die wêreld is, besef ’n mens, dit is ook ’n harde ongenaakbare wêreld.

Ons kom, tevrede met ons keuses, so 14h30 in Sesriem aan. Ons besluit om binne die Nasionale Park te kamp. Heel gerieflik.

Die aand oortree ons een van ons reëls (ons eet net een ker per week uit). Buks verlei my met ’n stuk Namibiese biefstuk en skyfie.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *