So pak ons in die koue op en groet Canyon Roadhouse, onseker waar ons gaan eindig. Ons oorweeg Lüderitz maar almal waarsku teen kamp by Lüderitz as gevolg van wind.
Daar is soveel interessante plekke langs die pad. Ons stop by Naute Kristalle padstal. Buks koop ’n Dadel brandewyn. Nie een van ons twee is eintlik brandewyn manne nie, maar dêm, dis lekker


Op pad ontmoet ons Reagan, op sy motorfiets. Hy is op pad Aus toe en gaan by ’n lodge freelance tot hy ’n werkspermit kan kry. Hy beveel die Lodge, Klein Aus Vista, waar hy gaan werk aan.

Netjiese plek, maar twee dinge pla. Daar is nie krag by die kampplek nie asook plek vir net een nag. Ons besluit om verby te hou, ook met die idee van die bobbejane wat gisternag ons asblik omgekeer het!
Ons kry gerieflike staanplek in Aus. Aus Haven Camping and Accommodation en die besluit is geneem. Twee nagte, want die elke aand kamp opslaan en weer oggend afslaan werk nie vir ons twee oues van dae nie. Eintlik baie gerieflik met krag, WI-Fi en ons eie ablusie geriewe.
Baie mense het aanbeveel dat ons ’n draai maak by die Bahnhof Hotel in Aus ’n draai moet maak. Buks se hamburger en my vis en skyfies was ’n groot, letterlik groot bederf.

Môre, 11de verken ons Kolmanskop, die Wilde Perde van Aus en Lüderitz!
Note: Ons twee gel, goed! Daar is self ons eerste Klere was sessie in die wasbak!~

One response to “10 Junie”
Oops, ‘n paar foutjies maar “it is as good as it gets”😜