9 Junie. Dag 3


Wat ’n plesier om deur die grenspos te gaan! Baie goeie en vriendelike diens aan albei kante.

Ons het besluit op ’n kort dag. Slegs sowat 250km na Gondwana Park, Canyon Roadhouse.

By Noordoewer, Engen garage, het ’n vriendelike dame ons gehelp met SIM-kaarte en data. Nou nie dat een van ons verstaan het wat sy sê of doen nie, maar dit werk.

Wil darem net sê, Namibië se grondpaaie is in ’n beter toestand as van ons Nasionale paaie.

Ons arriveer so 15h00 by die Roadhouse. Soos dit gaan met Roetelose beplanning is daar plek vir net een aand, dus ons eerste ervaring van kamp afslaan oggend, weer opslaan die middag en dan weer afslaan volgende oggend!

Voor ons tent opslaan besluit ons om eers by die Visrivier-canyon se uitkykpunt ’n draai te maak, so 20km verder.

Sak ons moed tot in ons skoene! By die ingang is daar stunning kampplekke…vir 2 aande, maar ons het reeds betaal by die Roadhouse#@*&.

Koste om na uitkykpunt te gaan, R125pp maar dit was die moeite werd!

Die aand braai ons ’n vleisie en braaibroodjie en ons weet…….vanaand kry ons koud, maar nog nie koud genoeg om by Buks in te kruip nie, al het hy ’n verwarmer.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *