Na yogurt en ’n beskuitjie besluit ons om die Richtersveld te gaan verken. Cathy en Adriaan gee vir ons waardevolle advies oor hoe om die dag aan te pak, met die belofte dat indien ons nie teen 17h00 terug is nie, hulle ’n soekgeselskap sal uitstuur. Wonderlike egte en opregte gasvryheid!
Adriaan belowe om ’n voerplek vir visvang voor te berei en ek hoop Buks kry sy grote, Barber, Karp…sal maar sien.
Ons eerste stop is Geelkrans uitkykpunt. Prag uitsig oor die Oranjerivier en die landskappe indrukwekkend. Net jammer die telefoondrade en net-gespande boerderyaktiwiteite bederf die geleentheid vir goeie foto’s. Lig was ook nie wonderlik nie. Ons ontmoet ’n paar mense van George by die uitkykpunt. Ook man met naam Mornay, gespel soos my naam, Mornay en dit gebeur maar selde!

Bo:Uitsig van Geelkrans
Onder: Mornay en Mornay

Ons verken verder en gaan die Nababiep Reservaat binne. Helskloofpas roep hulle die pad. Die landskap is asemrowend. Die rotsformasies lyk asof dit met die hand geskep is. Die Nababiep is ’n 10 980 hektaar reservaat en dien as ’n omgewings-buffer na die 8ste Unesco Wêreld Bewaringsgebied, die Richtersveld. Mens kan maar net wonder oor hoe die formasies gestalte gekry het. Myns insiens was daar iewers, in die stukkie aarde se geskiedenis, hewige uitbarstings…”die aarde was woes en leeg…?”
Daar is talle rotstekeninge, net jammer ons ou Volkie moet maar sy eie graffiti oral los.

Ons omdraaipunt was indrukwekkend, Stone Piles roep hulle die plek. Die horde mense wat deur die Helskloofpas is bou in die area hulle eie rots/klip herdenkings. Elk van die klippe gepak het seker ’n storie, ’n herdenking, bloot die gedagte aan iemand of ’n gebeurtenis. So dans die stil stories tussen die klippe. Dit is ook hier waar ons Coffee on the Rocks geniet het.


Kyk rotsformasies in agtergrond


Coffee on the Rocks, daar waar elke klipstapel sy eie storie bewaar.
Praat van passie, ontmoet ons die man by The Growsery (ook ’n lodge) wat Kremetartbome kweek van die saad van ’n, relatiewe jong Kremetartboom, 106 jr. oud genaamd Mary! Hy het al sowat 50 Kremetartbome geplant, wat nie hy of ons sal sien grootword nie. Hoop die geslagte na ons waardeer dit!

Sy is net 106 jaar oud, Mary die Kremetart, moeder van oor die 50 jong kremetartbome!
Ons sluit die middag af met ’n heerlike bier en iets om aan te kou by Orange River Rafting Lodge. Buks moet nog kyk of hy sy Barber kan vang!

Hier kan n man dors word!!

Mission accomplished, nou nie sy groot Barber nie, maar ’n mooi Geelvis!
Dit was n mooi dag waar ons albei gesien en beleef het, die heel eerste keer!!
One response to “8 Junie: Dag 2”
Sjoe jul maak n mens net jaloers. Geniet dit jul verdien dit. Wees net veilig ons wil jul graag weer sien. Groete