Dag het uiteindelik aangebreek


Wat as n opmerking/aanmerking begin het, sover terug as Februarie, het nou werklikheid geword. Twee maande, se Roetelose toer na Namibie en Botswana. Hoekom Roeteloos? Eenvoudig…Ons het besluit om slegs 24 uur vooruit te beplan. Dit laat ons die vryheid toe om te gaan waar die wind ons waai.

Maar kom ons begin voor. Mornay van der Merwe en Buks Kruger is twee ou skoolvriende, om die waarheid te se, sedert ons 10 jr oud was. Vandag is Mornay 68 en Buks 67. Natuurlik, soos dit gaan met boesemvriende op skool, kom daar n tyd vir afstand, weg van mekaar, weermag Universiteit ens. Die lewe het sy verloop geneem, tog was daar die sporadiese kontak. Gedurende 2018, met Buks se soeke na vrede in die Kaap, het ons weer die bande opgetel. Eie aan ons denke, en ter herinnering aan Bart Nel, ons voorgeskrewe boek, in Graad 12 het ons besef. “Ek is nog ek en hy is nog hy.” Natuurlik het die lewe ons gemaal, geskuur, soms stukkend geslaan, maar ons is nog hier.Die afgelope maand se beplanning was rof. Na ons albei die werklikheid besef het dat oudword nie vir sissies is nie….(Buks 5 dae in hospitaal en Mornay ses dae in bed met griep).Dit was net genoeg om ons te laat twyfel of ons die regte ding doen, of is ons net skuins bedonnerd. Ons is daardeur!!

Feit is, soos die lewe loop, is dit dikwels tragedie wat twee ou vriende herenig. Miskien later hieroor meer. Feit is, op 7 Junie 2023 pak ons die tog aan. En getrou aan ons Roetelose tog weet ons ons slaap 8 Junie naby Vioolsdrift!

Mornay liks en Buks regs. Ons sal weer groet na twee maande, waar die oseane bymekaarkom!


4 responses to “Dag het uiteindelik aangebreek”

  1. Mornay en Buks, ons is seker ons gaan heerlik saam met julle toer. Nou eers (8 Jun) die ontdek. Voorspoed en heerlik roeteloos toer!

  2. Gaan beslis hierdie Roeteloos volg. Geniet elke oomblok en doen als wat lekker is tweekeer. Veilige reis.

  3. Julle begin laat my besef hoe kosbaar tyd is. Op n ryp ouderdom vra jy jouself. Het jy elke minuut in jou lewe as n kosbare geskenk beleef.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *